Beslissende wedstryde vir VRK-uitspeel-aanspraakmakers

Rugby: Drie van die vier Suid-Afrikaanse spanne het alles om voor te speel in die voorlaaste ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Bulle kan steeds in die top twee eindig, die Stormers mik na die top vier en die Leeus is steeds aanspraakmakers vir ‘n plek in die kwarteind. Die Bulle speel tuis teen Benetton, die Leeus kom in Johannesburg teen Glasgow Warriors te staan, die Stormers speel in Ierland teen Connacht, en die Haaie ontmoet Cardiff in Durban.