Beslagleggingsbevel vir Daisry Obal se goedere
Die presidensiële adviseur vir jeugsake, Daisry Obal, is vandag op die mosiehofrol. Windhoek International School dagvaar vir skoolfooie van net meer as 116 000 Namibiese dollar. Obal het in September verlede jaar ‘n skulderkenning in die verband onderteken en sou vanaf November 5 000 dollar maandeliks betaal het. Die skool sê nie een betaling is gemaak nie. Die balju sê niemand wou die dagvaardiging by haar adres ontvang nie en ‘n beslagleggings bevel is reeds Donderdag deur die griffier van die hoërhof uitgereik om goedere te waarde van die skuld te konfiskeer.