Beslagleggings: Die wet beskerm die wat het, sê Calle

Die landbouminister Calle Schlettwein het sy stem bygevoeg by die debat oor beslagleggings, veral in verband met reël 108 van die hof wat banke toelaat om eiendom terug te neem vir uitstaande skuld, ongeag die totaal daarvan. Schlettwein sê iets moet gedoen word in plaas van om mense met geld te beskerm en nie die, wat nie geld het nie.