Beslaglegging op vuurwapens in Wes-Kaap styg met 348%

Die DA in die Wes-Kaap sê beamptes van die Wetstoepassings-bevorderingsplan het in ‘n tydperk van twee jaar die gemiddelde hoeveelheid vuurwapens waarop beslag gelê is in die provinsie met 348 persent verhoog. Gillion Bosman van die DA sê ongeag sy pogings om die aantal beamptes te vergroot, sal niks verander as daar nie meer belegging vanaf die nasionale regering in gespesialiseerde eenhede en vervolgings is nie.