Beslag gelê op 26 kilogram renosterhoring by OR Tambo

Owerhede by die OR Tambo Internasionale Lughawe het beslag gelê op 26 kilogram renosterhoring. Dit was in handbagasie versteek. Volgens wat berig word het ‘n veiligheidsbeampte by die lughawe snuf in die neus gekry dat iets nie pluis is nie en hy het die polisie ingeroep. Die Suid-Afrikaanse polisie sê die 41-jarige man wat op pad was na Singapoer is gearresteer en sal Maandag in die hof in Kempton Park verskyn. Renosterhoring kan op die swartmark teen 65 000 Amerikaanse dollar per kilogram verkoop.