Beskuldigings teen Nasionale Jeugdiens se opleidingsbeamptes maak opslae
‘n Stemgreep wat op sosiale media gesirkuleer word, het in die openbare domein beland en maak opslae. Die stemgreep van ‘n ongeïdentifiseerde jong persoon maak beskuldigings teen amptenare en opleidingsbeamptes by die jeugministerie se Nasionale Jeugdiensskema-vleuel en sê dat die opleidingsbeamtpes by die skema vroulike studente op verskillende maniere misbruik, insluitend seksuele teistering. Kosmos 94.1 Nuus het die stemgreep van ‘n ongeïdentifiseerde bekommerde jong man met die minister, Agnes Tjongarero, gedeel.
Tjongarero het gesê sy het al voorheen van ‘n soortgelyke saak gehoor en dit is ná ‘n ondersoek laat vaar, maar dit beteken nie dat hierdie saak onder die mat ingevee moet word nie.