Beskuldigdes in VBS-skandaal se sake geskei

Die Hooggeregshof in Pretoria het toestemming verleen dat die saak van die voormalige tesourier van die ANC in Limpopo, Danny Msiza, en die voormalige ANC-Jeugleier, Kabelo Matsepe, geskei word van die ander beskuldigdes in die VBS Mutual Bank-diefstalsaak. Die hof het egter hulle aansoek om die saak tydelik op te skort van die hand gewys. Die NVG het egter teleurstelling uitgespreek en is bekommerd oor die logistieke las om nou twee sake te hanteer. Msiza, Matsepe en elf ander staan tereg op aanklagte van onder andere diefstal, bedrog en geldwassery. Die saak is tot 9 September uitgestel.