Beskuldigde in miljard-rand tenderbedrogsaak doodgeskiet

Die vierde beskuldigde in die behuisingstender-bedrogsaak van een-miljard-rand waarby die voormalige Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Behuising, Malusi Booi, betrokke is, is in Beacon Valley, Mitchells Plain, doodgeskiet. Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, het aan Newzroom Afrika gesê dat Abdul Kader Davids, sedert Dinsdag uit was op borgtog van 250-duisend-rand. Volgens hom is geen verdagtes in hegtenis geneem nie.