Beskuldigde in Bean tref-en-trap ongeluk weer in die hof vandag
Jeff Clydon Gaweseb sal weer in die landdroshof op Okahandja verskyn in verband met die tref-en-trap ongeluk op 11 November waarin die bekende fietsryer Christiaan Bean ernstig beseer is. Gaweseb, wat homself beskryf as ‘n Damara Punch-kunstenaar, staar vier klagte in die gesig. Hy het reeds in Februarie onskuldig gepleit. Die saak is tot vandag toe uitgestel om hom ‘n geleentheid te bied om aansoek te doen om regshulp. Die polisie se ondersoek is reeds voltooi en al Bean se mediese rekords is ook ingedien. Video’s wat op die toneel geneem is het ook verskeie drankbottels in en om Gaweseb se voertuig getoon. Hy het homself eers baie later aan owerhede aangemeld na hy die toneel gevlug het.