Beskuldigde bly in aanhouding na tref-en-trap-ongeluk by Okahandja

Jeff Clydon Gaweseb het vlugtig voor landdros Leonard Mathias op Okahandja verskyn in verband met die tref-en-trap-ongeluk op 11 November waarin die fietsryer Christiaan Bean ernstig beseer is. Daar is verwag dat Gaweseb sou pleit maar, die saak is tot volgende jaar uitgestel, soos Yanna Smith uit Okahandja berig.