Beskikbare weiding skets somber prentjie

Die Plantegroeitoestand-indeks wat deur Namibia Rangelands saamgestel is skets ‘n somber prentjie. Amper die hele land het swak tot uiters swak weiding en met min reën wat voorspel word, sal toestande vir boere regoor die land uiters uitdagend raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se Adviesdienste, gepraat oor wat voorlê. Hy sê hy kom nou van die suide af en die sprinkane het reeds hul verskyning gemaak. Hy sê boere moet dringend innoveer.