Beskerm jou so teen kapings
Motorkapings is aan die toeneem in Windhoek, met motoriste wat deur misdadigers aangeval word. Slagoffers beleef oorweldigende gevoelens van skok, ongeloof, verwarring en hulpeloosheid sowel as magteloosheid en ‘n verlies aan beheer tydens ‘n kaping. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, van die openbare betrekkinge sub-afdeling van NamPol het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en veiligheidswenke aan die publiek gedeel.