Beskerm DRK burgerlikes, pleit Dokters Sonder Grense

Dokters Sonder Grense bepleit die beskerming van honderde-duisende burgerlikes wat vasgevang is in die gevegte tussen die M23-rebellegroep en regeringsmagte in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die hoofsaaklik Tutsi-geleide M23 het sy gewapende veldtog aan die einde van 2021 hervat en grondgebied in die Noord-Kivu-provinsie binnegeval. Geweld woed in die gebied terwyl die Kongolese Weermag, gerugsteun deur ‘n handjievol soldate van ‘n gewapende burgermag bekend as die Wazalendo, of patriotte in Swahili, probeer om die Rwandees-gesteunde rebelle te stuit.