Besigheidsreise na Namibië vertoon goed

Die jongste toerisme-statistieke toon dat besigheidsreise na Namibië meer en meer toeneem. Die toename is te wyte aan ‘n reeks konferensies asook verskeie ontwikkelings in die land, veral in die energie-sektor. Direkte vlugte tussen Lüderitz en Windhoek dra ook by tot die toename aangesien daar aansienlike ontwikkeling in en om die suidelike kusdorp plaasvind.

Namibia Wildlife Resorts is een van die rolspelers wat besigheidsreisigers wil akkomodeer en Nelson Ashipala, die woordvoerder deel hulle strategie met Kosmos 94.1.