Besighede traag om Bipa-kwytskelding op te neem
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het verlede jaar die kwytskelding van sy jaarlikse heffingsboetes aangekondig in terme van sy heffingsboete-kwytskeldingsprogram. Dit is geldig tot 31 Maart vanjaar. Die jaarlikse program is van toepassing op kwalifiserende geregistreerde besigheidsentiteite wat boetes opgeloop het omdat hulle nie hul jaarlikse heffings betyds betaal het nie. Die 100 persent boete-kwytskeldingsprogram is dus slegs van toepassing op sake-entiteite wat hul jaarlikse belasting hoofbedrae ten volle betaal het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ockert Jansen, die woordvoerder van Bipa, wat sê besighede reageer stadig en hy moedig hulle aan om gebruik te maak van die program.