Besighede, inwoners ‘wil oppak en Durban verlaat’

Die DA in KwaZulu-Natal sê informele navorsing en kontak met plaaslike ondernemings en inwoners het onthul baie wil oppak en eThekwini verlaat nadat dit deur die ANC in die grond in bestuur is. Vervaardiging, gesondheidsorg en klein sakeondernemings is die afgelope twee jaar swaar getref deur gereelde wateronderbrekings en leë reservoirs. Heinz de Boer van die DA sê Durban se plaaslike ekonomie en inwoners kan nie langer ly onder 30 jaar se bestuur deur ʼn futlose ANC nie.