Besettingsyfers vir April verbeter op 2019

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het ‘n totale nasionale gemiddelde besetting van meer as 58 persent vir April aangeteken, 7 persent hoër as verlede jaar en 4 persent hoër as die gemiddelde besetting vir April 2019, voor Covid. Gitta Paetzold, hoof uitvoerende beampte sê die jongste statistieke wat aan die lig gebring is, toon ‘n positiewe en bemoedigende ontwikkeling vir beide ontspannings- en die sakereissegment. Europese markte oorheers steeds die Namibiese toerismesektor. Sakereise blyk om stadig maar seker terug te keer, met meer as 13 persent van die verblyf wat in April geregistreer is, teenoor 8 persent in 2023.