Koste van beserings tydens motorongelukke beloop miljoene

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het in 2022, 218 miljoen Namibiese dollar in mediese eise uitbetaal, wat ‘n 30 persent toename teenoor 2021 verteenwoordig. Volgens die fonds, is net meer as 26 400 eise van mediese diensverskaffers ontvang gedurende die jaar. Die fonds se hoof uitvoerende beampte, Rosalia Martins-Hausiku, voeg by dat nege bedrielike eise in die afgelope vyf jaar by die fonds ingedien is met vier wat reeds aan owerhede oorhandig is en vyf wat nog ondersoek word. Op die oomblik staan dié verliese op net meer as 847 000 dollar met 2,7 miljoen dollar wat die fonds kon terugkry. Volgens Martins-Hausiku, is ‘n gemiddeld van 439 persone maandeliks in 2022 beseer met 60 persent van die beserings wat manlik is. Daar word ook meer manlike sterftes in ongelukke aangemeld, op 73 persent.