Beserings tref All Blacks voor Ierland-toets

Rugby: Die All Blacks het twee van hulle staatmakers verloor voor Vrydag se toets teen Ierland in Dublin. Die losskakel Beauden Barrett en die haker Codie Taylor het albei harsingskudding opgedoen in Saterdag se naelskraapse oorwinning van 24-22 oor Engeland op Twickenham. Hoofafrigter Scott Robertson het hulle vervang met Harry Plummer en Brodie McAlister, wat tans saam met die All Blacks-vyftiental deur die Verenigde Koninkryk toer. Die kragmeting op die Aviva-stadion word as ‘n wraak-ontmoeting beskou vir Ierland wat verlede jaar in die Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Nieu-Seeland verloor het.