Beserings teister Man City

Die bestuurder van Manchester City, Pep Guardiola, glo dit gaan moeilik wees om hierdie seisoen hul Premierliga-titel te verdedig weens een na die ander besering wat sy spelers opdoen. City speel vanaand in Portugal teen Sporting Lisbon nadat hulle Saterdag in die Ligabeker-uitklopreeks teen Bournemouth verloor het en die vorige week teen Tottenham Hotspur. Guardiola sê hy weet wat die standaard is wat hulle gestel het en is vol vertroue dat hulle kan terugbons: