Beseerdes in Auasweg-ongeluk ‘moet ongelukkefonds nader’

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het sy diepe hartseer uitgespreek oor die tragiese padongeluk Dinsdag wat tot die verlies van twee lewens gelei het. Die ongeluk het omstreeks 10 oor 6 op die Auasweg-brug op pad na die Truck Stop plaasgevind. Elf mense het verskillende grade van beserings opgedoen. Een passasier was vasgekeer en is op die toneel dood, terwyl een van die bestuurders in die Lady Pohamba Privaat Hospitaal oorlede is. Die fonds se hoof van korporatiewe sake, John Haufiku, moedig slagoffers aan om die fonds te nader.