Beseerde Salah nie beskikbaar vir Liverpool

Sokker: Liverpool se bestuurder, Jürgen Klopp, het bevestig Mohamed Salah sal nie vanaand beskikbaar wees vir die span se wedstryd teen Chelsea op Anfield nie, aangesien hy nog herstel van ‘n spierbesering. Salah sal ook Sondag Liverpool se volgende wedstryd teen Arsenal misloop. Die voorspeler het die besering opgedoen tydens Egipte se Afrikabeker-wedstryd teen Ghana. Klopp het beklemtoon die klub sal nie haastig wees met Salah se terugkeer ná die besering nie.