Beseerde Osaka se seisoen kom tot einde

Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka, se seisoen het tot ‘n einde gekom. Sy het weens ‘n besering onttrek aan volgende maand se Billie Jean Kingbeker-eindtoernooi in Spanje. Die Japannese voormalige wêreld nommer een het dié maand ‘n rugbesering opgedoen tydens die Chinese Ope, voor sy die Japanse Ope en die Pan-Pasifiese-toernooi oorgeslaan het. Osaka is tans 56ste op die ranglys nadat sy dié seisoen teruggekeer het van ‘n swangerskapsonderbreking. Sy hoop om betyds reg te wees vir die ASB Classic- toernooi in Auckland einde Desember.