Beseerde Osaka onttrek aan Pan-Pasifiese Ope

Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka van Japan, het onttrek aan volgende week se Pan-Pasifiese Ope in Tokio. Die gewese wêreld nommer een is buite aksie sedert sy die begin van die maand aan die Chinese Ope onttrek het. Sy neem ook nie dié week deel aan die Japanse Ope nie. Osaka sou as promotorskeuse in Tokio deelneem, maar die organiseerders sê sy het ‘n laerrug-besering. Sy sukkel om op dreef te kom sedert sy verlede jaar teruggekeer het na die geboorte van haar dogter.