Beseerde Cameron Hanekom loop straks Ierland-reeks mis

Rugby: Cameron Hanekom gaan waarskynlik die geleentheid misloop om sy toetsdebuut te maak wanneer die Springbokke tuis in twee toetswedstryde teen Ierland te staan kom nadat hy ‘n dyspier beseer het tydens die Bulle se VRK-eindstryd. Hy het vroeg in die tweede helfte teen die Glasgow Warriors mank van die veld gekom. Met Jasper Wiese wat vir die reeks geskors is, kon Hanekom sy kans gekry het. Maar dit is onwaarskynlik dat die 22-jarige betyds sal herstel vir die toetse wat op 6 Julie op Loftus Versfeld begin.