Beroepsopleiding in Namibië in die kollig

Die Namibiese staatsinligtingsentrum het vandag ‘n gesprek gehou oor die toeganklikheid en bekostigbaarheid van tegniese beroepsopleiding in Namibië. Beroepsopleidingskwalifikasies is praktiese kwalifikasies wat verband hou met ‘n spesifieke werk- of beroepsektor. Anders as meer akademiese kursusse, kombineer hulle ‘n mengsel van teorie en praktiese lesse en werkservaring word ook opgedoen. Tydens die bespreking het Indongo Indongo, die bestuurder vir navorsing en beplanning by die Namibiese Opleidingsowerheid, die stand van beroepsopleiding in die land verduidelik en of daar enige verandering in beroepsopleiding gesien is.