Beroepsjagter sê oor ‘probleemolifant’

Die Namibië Professionele Jagvereniging het ‘n kennisgewing uitgereik oor ‘n probleemolifant wat beskikbaar is vir jag binne die Okongoro-bewarea in Kunene-Noord. Die olifant is nie uitvoerbaar nie en kan slegs vir persoonlike gebruik gejag word. ‘n Fooi van 20 000 Namibiese dollar is aan die regering betaalbaar. Olifantjag lok altyd reaksie uit en Kosmos 94.1 Nuus het met beroepsjagter Jofie Lamprecht van Jofie Lamprecht Safaris gesels.