Beroep op regering om te help met stygende voedselpryse

Reaksie word ontvang op die skerp styging in voedselpryse. Alles is duurder behalwe vette en olies. Daar is klaar voedselonsekerheid in die land en met die stygende pryse word daar beraam dat huishoudings nog swaarder sal kry. Imms Nashinge, woordvoerder van die Independent Patriots for Change, sê die regering behoort op ‘n manier pryse te reguleer.