Beroep op ondersoek na NVG se prestasie, onafhanklikheid

Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om ʼn afgetrede regter aan te stel om ʼn dringende ondersoek na die Nasionale Vervolgingsgesag te lei. Dit moet die gebrek aan prestasie en verwoestende uitwerking van staatskaping ondersoek wat die vervolgingsgesag lamlê en ondersoeke na hoëprofiel-korrupsie kniehalter. Die sentrum se woordvoerder, Ann Bernstein, sê die teleurstellende vertoning van die NVG veroorsaak ʼn oorheersende gevoel van wanhoop dat die staat nie die wet kan toepas nie.