Beroep op Gr. 12’s om ‘pens-down-parties’ oor te sien

Die nie-regeringsorganisasie World Changers Candidate doen ‘n beroep op leerders, veral Graad 12’s, om hulle te weerhou van deelname aan sogenaamde pens-down parties. In Junie 2022 is 21 jeugdiges dood by so ‘n partytjie by die Enyobeni-kroeg in die Oos-Kaap. Die organisasie het ‘n veldtog, SAY NO to Pens Down, van stapel gestuur. Die voorsitter, Lucas Mahlakgane, sê weerhouding is die sleutel om die risiko van nog ‘n Enyobeni-tragedie te verminder.