Berlusconi sterf op 86

Oud-Italiaanse premier Silvio Berlusconi is dood op die ouderdom van 86. ‘n Mediamagnaat en miljardêr, het hy as eerste minister van Italië van 1994 tot 1995, 2001 tot 2006 en 2008 tot 2011 gedien. Berlusconi was betrokke by verskeie skandale en is ook skuldig bevind aan misbruik van mag sowel as seks met ‘n minderjarige prostituut. Hy het ly reeds ‘n geruime tyd aan leukemie gely. Hy is Vrydag in die hospitaal opgeneem.