Berigte oor ooreenkoms vir Chinese en padtenders is verkeerd – RA

’n Sosiale media Afrika-nuusagentskap wat oor Afrika-aangeleenthede berig, het onlangs ’n artikel gepubliseer oor hoekom Namibië padkontrakte aan die Chinese gee. Na onafhanklikheid in 1990 was een van die prioriteite van die regering om padinfrastruktuur te verbeter, maar daar was nie genoeg geld nie. Volgens die berig het plaaslike maatskappye nie hulpbronne en kundigheid nie, en die kans dat hulle kwaliteit werk sal lewer is skraal. Die berig sê in 2004 het Namibië en China ‘n verdere handelsooreenkoms onderteken en Chinese kontrakteurs wat goedkoop is en kwaliteit werk kan lewer, het op die toneel verskyn. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Namibiese Paaie-owerheid, sê die verslag is feitelik nie korrek nie. Hy verduidelik.