Bergfiets-aksie in die hoofstad

Die FNB Skole Bergfietsliga skop vandag by IJG Trails af met die eerste byeenkoms van die jaar. Die FNB Skole MTB-ligakomitee het die afgelope drie jaar ‘n vennootskap met PAY (Physically Active Youth) aangegaan om kinders uit meer gemarginaliseerde gemeenskappe in Windhoek in staat te stel om ook aan die sport deel te neem. Vanjaar sal daar ook twee bykomende fietse geborg word. Datums vir 2024 na vandag is soos volg: 1 Junie, 20 Julie, 3 Augustus en die finaal op 17 Augustus. Besoek die Facebook-blad: FNB Schools MTB League, vir meer inligting en om in te skryf. Kosmos 94.1 Nuus het met afrigter Carolin Janik gepraat, wat meer deel.