Beperkings by suidelike grensposte

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het in ‘n verklaring om verskoning gevra vir die voortdurende kragonderbreking by die Ariamsvlei, Noordoewer en Klein Menasse grensposte. Die kragonderbreking het Sondagmiddag begin na ‘n fout op die Harib-substasie en NamPower sê toevoer behoort teen Saterdag herstel te word. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Etienne Maritz, sê sake is uiters moeilik by die grensposte omdat alles per hand geprosseseer moet word. Dus, sê Maritz, sal Ariamsvlei en Noordoewer, wat normaalweg 24-uur oop is, tot verdere kennisgewing net tussen sewe-uur soggens en sewe-uur saans oop wees.