Benoni-man skiet meeste van eie gesin dood

‘n Man van Benoni aan die Gautengse Oos-Rand is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy na bewering sy vrou, dogter, ouers en huiswerker geskiet het voor hy ook homself gewond het. Die man se vrou het ook oorleef, maar die ander vier slagoffers is dood. Die 56-jarige man het na bewering eers sy ouers, albei in hulle sewentiger-jare, in hulle huis in Kemptonpark geskiet, waarna hy terug is huis toe waar hy sy 43-jarige vrou, 22-jarige dogter en 56-jarige werker, en toe homself geskiet het. Die man en sy vrou is albei in ʼn bedenklike toestand.