Benguela Nino nie tans ‘n gevaar: weerkenner

Volgens Johan van den Berg, ‘n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, is die Benguela Nino nie tans ‘n gevaar nie, maar dit kan gedurende die somer ontwikkel. Dit hou ‘n gevaar in vir visse en seelewe, as gevolg van bogemiddeld-warm watertemperature. Dit kan soms bogemiddelde reënval oor dele van Namibië veroorsaak, maar slegs in samehang met ander faktore soos gunstige toestande in die Indiese Oseaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Van den Berg gesels om meer oor die Benguela Nino uit te vind.