Benede-Oranjerivier steeds baie laag
Die Zambezirivier by Katima Mulilo daal steeds vanaf 1,58m gister en het vanoggend ‘n watervlak van 1,56m aangeteken. Die riviervlak bly laag vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar. Die Okavangorivier by Rundu het van 5,52m gister tot 5,49m vanoggend afgeneem. Die watervlakke is effens hoër in vergelyking met verlede jaar. Die watervlakke van die benede-Oranjerivier by Blouputs en Sendelingsdrift het met onderskeidelik 6cm en 3cm gestyg. By Blouputs is 53cm gemeet en Sendelingsdrift was vanoggend op 26cm. Die watervlakke bly baie laag en gebruikers moet kennis neem van die wisselende lae vlakke en die nodige voorsorgmaatreëls tref. Die Kunenerivier by Ruacana het ook nog gesak en vanoggend ‘n vloei van 312,50 kubieke meter per sekonde aangeteken.