Benede-Oranjerivier kritiek laag

Die land se groot riviere vloei steeds bestendig, behalwe die benede-Oranjerivier. By Blouputs is die naweek ‘n toename van 4cm van 32 centimeter tot 36cm aangeteken, terwyl Sendelingsdrift vanoggend verder afgeneem het tot 25cm. Gebruikers op die Oranjerivier word aangemoedig om streng waterbesparingsmaatreëls toe te pas as gevolg van die kritieke lae vloei. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend ‘n watervlak van 1,60m aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu het van 5,55m gister tot 5,53m vanoggend afgeneem. Die Kunenerivier by Ruacana vloei nog steeds sterk teen 320,10 kubieke meter per sekonde, maar dit is heelwat laer as verlede week.