Bendes plunder 100 Gaza-vragmotors wat hulp aflewer

Owerhede in Gaza sê 20 mense is dood in ‘n teen-bende operasie ná plundering van ‘n hulpkonvooi van 100 vragmotors wat noodsaaklike voedsel en voorrade in die beleërde strook moes aflewer. Gewapende mans het die vragmotors aangeval en geplunder wat nuwe bewyse van die groeiende mag van Gaza se kriminele bendes toon. UNRWA se kommissaris-generaal Phillippe Lazzarini sê hulle waarsku reeds maande hieroor.