Ben Freeth en perd het hulp met water nodig

Ben Freeth van die Mount Carmel-plaas in Zimbabwe, is tans net noord van Grootfontein op sy “Long Ride for Justice”. Ben stap en ry van Zimbabwe na Windhoek met ‘n perd vir bewusmaking van geregtigheid en eiendomsreg in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Hy stap tans met die perd Johnny, nadat die vorige perd, Stardust, nuut beslaan moes word. Die plan is dat Freeth met Stardust op Grootfontein herenig sal word. Sy beplande roete is langs die B1 vanaf Grootfontein na Otavi, en van daar na Windhoek. Daar word ‘n beroep op boere of inwoners langs die pad gedoen om Freeth en sy perd met veral water te help. Die perd moet elke 10 tot 15 kilometer water kry. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariska Parreira van die plaas Henta buite Grootfontein gepraat, wat vrywilligers aanmoedig om Freeth en sy perd by te staan.