Belize die beste land vir gesinsvriendelike aktiwiteite

Belize, ʼn klein landjie in Sentraal-Amerika, is aangewys as die beste plek vir gesinsvriendelike aktiwiteite met 24,78-persent van al sy aantreklikhede wat op kinders gemik is. Dis volgens die toeroperateur Go2Africa. Belize bied ʼn verskeidenheid besienswaardighede aan wat wissel van pragtige strande tot kultuurterreine soos die antieke Maja-ruïnes van Xunantunich. Costa Rica, een van die mees biodiverse plekke op Aarde met meer as 500 000 natuurlewespesies, is tweede. Ander lande in die topvyf is Brasilië, Samoa en Vanuatu.