België verwelkom DRK-Rwanda skietstilstand
België het die skietstilstand tussen die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda vir die Oos-Kongo verwelkom en vra dat albei kante die ooreenkoms sal eerbiedig. Die Rwanda-gesteunde M23-rebelle en DRK-magte is sedert einde 2021 in die provinsie Noord-Kivu in gevegte gewikkel. Angola – die bemiddelaar – het die skietstilstand gister aangekondig ná vredesamesprekings in Luanda. Hy sê die skietstilstand tree om middernag op 4 Augustus in werking.