België gebruik menslike hare teen waterbesoedeling

‘n Nie-regeringsorganisasie in België gebruik menslike hare om omgewingsbesoedeling te verminder. Dung Dung gebruik haarknipsels wat by haarkappers in die land versamel word en in geknoopte blokkies omskep word om olie en ander waterstowwe wat die omgewing besoedel, te absorbeer. Die blokkies word in dreine geplaas om die besoedeling in water te absorbeer voordat dit riviere bereik.