Beleid wil nie algehele verbod op sigarette in SA hê nie

Die buurland se Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid het verduidelik die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels is nie bedoel om ‘n algehele sigaretverbod in te stel nie. Die komitee sê dit het ten doel om die kwesbares teen tweedehandse rook te beskerm. Die wetsontwerp stel verder gewone verpakking met grafiese gesondheidswaarskuwings voor. Die waarnemende voorsitter, Annah Gela, beklemtoon die noodsaaklikheid om onwettige sigarethandel te bekamp terwyl rook gereguleer en nie verbied word nie. Die komitee is nou besig om openbare insette in provinsies in te samel oor die voorgestelde wetgewing.