Beleid vir bekamping van afpersing verbeeldingloos

Die Parlement se portefeuljekomitee oor die Polisie sê hy is teleurgesteld met die verbeeldinglose plan om afpersing in die land te bekamp. Die komitee het gister ‘n inligtingsessie hieroor deur die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur ontvang. Die voorsitter van die komitee, Ian Cameron sê hoewel die plan deur NATJOINTS die opkoms van ‘n nuwe misdaadtendens identifiseer wat buitelanders se winkels, die taxibedryf, huishoudings en skole teiken, is daar geen inligting oor voorkomende maatreëls om die euwel te bekamp nie.