Beleid maak Namibië minder aantreklik vir mynbeleggings

Die 2023 Fraser Institute se peiling van mynmaatskappye berig dat Namibië se posisie op die algehele beleggings aantreklikheidsindeks het met drie punte verswak van 59 in 2022 tot 56 in 2023. Op hierdie indeks was Namibië 42 uit 86 jurisdiksies wat ondervra is, vergeleke met 38 uit 62 jurisdiksies in 2022. Die president van die Kamer van Mynwese Zebra Kasete sê dit is kommerwekkend dat die land se telling verswak het. Dit is as gevolg van mynboubeleid en regulasies en volgens Kasete sal daar harder gewerk moet word aan die beleid om beleggings te lok.