Beleggingsuitdagings slyp studente vir aandele werklikheid


Die Namibië Studente Beleggingsuitdaging het in April begin met 19 skole wat deelneem, asook Unam en Nust. Die doel is om studente en sekondêre skool-leerlinge aan aandele-beleggings bekend te stel, en om hulle van kennis oor breër aspekte van kapitaalmarkbedrywighede te voorsien. Dit gee hulle ‘n begrip van kommersiële dinamika en die makro-ekonomiese omgewing deur ‘n prettige opvoedkundige program. Elke deelnemende span word gekrediteer met ‘n fiktiewe 500 000 Namibiese dollar om mee aandele te koop. ‘n Totale bedrag van 80 000 dollar kan gewen word, met ‘n 30 000 dollar eerste prys. Johene Saal, die hoofinligtingsbeampte by die Namibiese Effektebeurs, het Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee.