Beleggingsraad presteer baie goed – Uaandja

Plaaslike media het onlangs berig dat Namibië se ekonomie sedert 2015 sonder die bydrae van die mynbousektor stagnant gebly het. Die land het in 2015, 132,2 miljard Namibiese dollar se goedere produseer, sonder om die mynbousektor in te reken. Van 2015 tot 2023 het die BBP sonder die mynbousektor nie hoër as daardie bedrag beweeg nie. Die statistieke is weerspieël in ‘n inligtingsessie van die inligtingministerie met Nangula Uaandja, die uitvoerende hoof van die Namibië Beleggingspromosie en -bevorderingsraad, oor beleggings in die land. Uaandja sê dat direkte buitelandse beleggings verlede jaar 73 miljard dollar beloop het, met beleggings in die olie- en gas-sektor wat 45 persent van die bedrag uitmaak. Uaandja gee meer inligting.