Beleggingskema-swendelary teiken kerkleiers, gemeentes

Die Bank van Namibië het ‘n waarskuwing uitgereik oor ‘n toename in bedrieglike beleggingskemas wat prominente individue en gemeenskappe teiken. Hierdie swendelary bied groot bedrae geld, dikwels sonder rente of kollaterale, en gebruik vals dokumente om wettig te voorkom. Die Bank doen ‘n beroep op die publiek om waaksaam te wees en enige verdagte aktiwiteit aan te meld. Kosmos 94.1 Nuus het met Josefina Oskar van die Bank van Namibië gepraat wat gesê het dat kerkleiers dikwels gebruik word om meer beleggers in hierdie swendelary te werf.