Beleggings in eiendom nie noodwendig ‘n goeie ding nie

PSG Wealth Namibia berig dat die gekombineerde verbandlenings, wat beide kommersiële en residensiële lenings van die land se vier groot handelsbanke insluit, ongeveer 53 miljard Namibiese dollar vanjaar bereik het. Alhoewel die inkomste ‘n effense styging is vanaf die 52,4 miljard dollar wat in 2022 aangeteken is, sê PSG dit onderstreep die sektor se veerkragtigheid te midde van ‘n trae ekonomiese milieu. Maar, volgens Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom, beteken die besteding op eiendom dat die ekonomie steeds nie diversifiseer nie. Hy verduidelik.